top of page

Bediening

Ons het verskeie geleenthede, kom woon dit by.

Woensdagaand Bybelstudie

Elke Woensdag om 18:30 in die konsistorie.

Die Woensdagaand Bybelstudie is ‘n kosbare geleentheid waar daar saam bepeins word oor die Woord van die Here.
Tans word daar na die boek Handelinge gekyk.

Kontakpersone:
Hannes Lee - 081 043 0910 /
Marthinus Swart - 084 300 8489

Vroue Bybelstudie

Een Saterdagoggend ‘n maand om 09:00 soos afgespreek

Die dames het een Saterdag ‘n maand ‘n Bybelstudie wat gewoonlik aan die hand van ‘n boek gebeur wat saam na gekyk word.

Kontakpersoon:
Mariette Roets - 076 130 0461

women discussion group
Serving Coffee

Susters

Die Susters van GK Daspoort se doel is om die gemeente te bedien en te ondersteun. Ons doen dit op die volgende wyse:

Skink van tee na eredienste.
Bediening van koffie/tee en eetgoed by begrafnisse.
Bediening van kos by sekere vergaderings
Betrokenheid by Koningskinders:
Elke Sondag voorsien ons broodjies.
Voorsien ook ñ ete by die jaarlikse Koningskinders kamp.
Bediening van kos aan siekes wat nie ander hulp het nie.
Reël van Gemeente etes in samewerking met die Diakens.
Reël van ander aktiwiteite en Silwerjare funksie (Nie gedurende Covid)

Kontakpersoon:
Zelda Marais - 082 097 1710

Sunrise

Donderdagoggend Bybelstudie

Elke Donderdagoggend om 06:00 in die konsistorie

In hierdie Bybelstudie bestudeer ons die Sondag daarop se preekteks om onsself solank voor te berei vir die prediking

Kontakpersoon:
Hannes Lee - 081 043 0910

Katkisasie

Laerskool: Elke Sondag na afloop van die oggenddiens in die kerkgebou.
Hoërskool: Elke Sondag na afloop van die oggenddiens in die kerkgebou.
Belydenisklas: Elke Donderdag 16:00 in die konsistorie

Kontakpersoone:
Laerskool:
Marthinus Swart - 084 300 8489
Hoërskool:
Chris Roets - 072 520 6610
Belydenisklas:
Hannes Lee - 081 043 0910

Koningskinders

Koningskinders is ‘n projek wat baie na aan ons hart lê. Saam ander gemeentes uit die kerkverband reik ons uit na kinders in nood.

Die projek behels:
1. 1x ‘n jaar kamp saam GK Wonderboompoort
2. Verskeie speletjie en aksieaande saam die kinders
3. Die kinders word elke Sondag opgelaai vir die eredienste en het ook deel aan die katkisasielesse.

Kontakpersoon:
Marthinus Swart - 063 636 3775

Children Praying
Fishing Village

Woord aan die woord Konferensie.

1x ‘n jaar

‘Die Woord aan die Woord’ konferensie vind een maal ’n jaar plaas waar ons as gemeente sprekers kry om oor ‘n sekere onderwerp te gesels.
Hierdie onderwerpe se fokus is:
Wie is God.
Hierdie jaar vind die konferensie 10-12 Junie 2022 plaas en die tema is:
Heiligheid van God.

Kontakpersoon:
Fanie Viljoen - 082 473 1552

Eljadahuis

Eljadahuis.is geleë in Boekenhoutkloof straat in Daspoort

Dit is ‘n veilige hawe waar mense van die omgewing bedien word d.m.v. Gereformeerde skrifbediening ses dae van die week .
Gedurende die week word daar kospakkies opgemaak aan ongeveer 70 gesinne. Die werkers wat die kospakkies opmaak kry ook kospakkies en etes gedurende die dag . Hierdie selfde mense is ook met projekte soos om koekies te bak besig sodat fondse ingesamel kan word .
Eljada se personeel is ook besig om d.m.v. CV verspreiding werk te help soek.
Hierdie instansie is ook betrokke by gesinne met maatskaplike probleme
Die mense van Eljada huis wys niemand weg wat werklik hulleself wil help nie want Eljada beteken: Want God het geweet

Kontakpersoon:
Japie Venter - 082 823 8019

Community Service

©2022 by Gereformeerde Kerk Daspoort.Created with Wix.com

bottom of page