top of page

Bediening

Ons het verskeie geleenthede, kom woon dit by.

Abstract Linear Background

Jeug en Jeug Bybelstudie

Ons as jong mense van GK Daspoort wil in alles wat ons doen God verheerlik
(1 Kor 10:31.)
Daarom poog ons die volgende:

1. Bybelstudie: Elke Vrydagaand 19:00 by die kerkgebou
2. Ons probeer een keer ‘n maand ‘n aktuele praatjie hou,
3. Ons gaan kuier ten minste eenkeer per maand by iemand in ons gemeente,
4. Ons hou twee keer per kwartaal ‘n aktiwiteit aand bv. Volleyball, swem en fliek.

Maandagaand Bybelstudie

Elke Maandag om 19:00 in die konsistorie.

Die Maandagaand Bybelstudie is ‘n kosbare geleentheid waar daar saam bepeins word oor die Woord van die Here.
Tans word daar na die boek Hebreërs gekyk.

Kontakpersone:
Kosie Henning - 079 913 6466 /
Marthinus Swart - 084 300 8489

Kontakpersoon:
Gawie Rossouw - 078 014 4614

Vroue Bybelstudie

Een Saterdagoggend ‘n maand om 09:00 soos afgespreek

Die dames het een Saterdag ‘n maand ‘n Bybelstudie wat gewoonlik aan die hand van ‘n boek gebeur wat saam na gekyk word.

Kontakpersoon:
Mariette Roets - 076 130 0461

women discussion group
Serving Coffee

Susters

Die Susters van GK Daspoort se doel is om die gemeente te bedien en te ondersteun. Ons doen dit op die volgende wyse:

Skink van tee na eredienste.
Bediening van koffie/tee en eetgoed by begrafnisse.
Bediening van kos by sekere vergaderings
Betrokenheid by Koningskinders:
Elke Sondag voorsien ons broodjies.
Voorsien ook ñ ete by die jaarlikse Koningskinders kamp.
Bediening van kos aan siekes wat nie ander hulp het nie.
Reël van Gemeente etes in samewerking met die Diakens.
Reël van ander aktiwiteite en Silwerjare funksie (Nie gedurende Covid)

Kontakpersoon:
Zelda Marais - 082 097 1710

Sunrise

Vrydagoggend Bybelstudie

Elke Vrydagoggend om 06:00 in die konsistorie

In hierdie Bybelstudie bestudeer ons die Sondag daarop se preekteks om onsself solank voor te berei vir die prediking

Kontakpersoon:
Kosie Henning - 079 913 6466

Katkisasie

Laerskool: Elke Sondag na afloop van die oggenddiens in die kerkgebou.
Hoërskool: Elke Sondagaand 17:15 net voor die aanddiens in die kerkgebou.
Belydenisklas: Elke Donderdag 15:00 by die pastorie

Kontakpersoon:
Marthinus Swart - 084 300 8489

Koningskinders

Koningskinders is ‘n projek wat baie na aan ons hart lê. Saam ander gemeentes uit die kerkverband reik ons uit na kinders in nood.

Die projek behels:
1. 1x ‘n jaar kamp saam GK Wonderboompoort
2. Verskeie speletjie en aksieaande saam die kinders
3. Die kinders word elke Sondag opgelaai vir die eredienste en het ook deel aan die katkisasielesse.

Kontakpersoon:
Gerhard Rossouw - 076 742 9123

Children Praying
Fishing Village

Vers vir Vers deur Mattheus

Elke tweede Woensdag om 19:00 in die kerkgebou

‘Vers vir vers deur Mattheus’ is ‘n 20-30minute oordenking waar ons elke tweede week deur die boek Mattheus werk. Die oordenking se styl is verklarend. Dit vind plaas in die kerkgebou

Kontakpersoon:
Kosie Henning - 079 913 6466

Concrete Wall

Woord aan die woord Konferensie.

1x ‘n jaar

‘Die Woord aan die Woord’ konferensie vind een maal ’n jaar plaas waar ons as gemeente sprekers kry om oor ‘n sekere onderwerp te gesels.
Hierdie onderwerpe se fokus is:
Wie is God.
Hierdie jaar vind die konferensie 10-12 Junie 2022 plaas en die tema is:
Heiligheid van God.

Kontakpersoon:
Fanie Viljoen - 082 473 1552

Eljadahuis

Eljadahuis.is geleë in Boekenhoutkloof straat in Daspoort

Dit is ‘n veilige hawe waar mense van die omgewing bedien word d.m.v. Gereformeerde skrifbediening ses dae van die week .
Gedurende die week word daar kospakkies opgemaak aan ongeveer 70 gesinne. Die werkers wat die kospakkies opmaak kry ook kospakkies en etes gedurende die dag . Hierdie selfde mense is ook met projekte soos om koekies te bak besig sodat fondse ingesamel kan word .
Eljada se personeel is ook besig om d.m.v. CV verspreiding werk te help soek.
Hierdie instansie is ook betrokke by gesinne met maatskaplike probleme
Die mense van Eljada huis wys niemand weg wat werklik hulleself wil help nie want Eljada beteken: Want God het geweet

Kontakpersoon:
Japie Venter - 082 823 8019

Community Service
bottom of page